Wanneer die toepassing nie onmiddellik jou in-toepassing-aankope herken nie, kan jy jou aankoop herstel om toegang tot intekeninge en ander topkenmerke te behou.
Die herstel van jou aankoop sal nie 'n nuwe transaksie inisieer nie; dit sal slegs enige voorafbestaande aankope weer aanwend.
Watter soort aankope kan ek herstel?
Intekeninge en in-toepassing-aankope van nieverbruiksitems kan te eniger tyd herstel word.
In-toepassing-aankope van verbruiksitems kan nie herstel word nie. Verbruiksitems is items wat bedoel is om een keer gebruik te word, soos Super-hou-van's en Boosts.
Hoe herstel ek my aankoop?
As jou aankoop met jou Apple ID- of Google Play-winkelrekening geassosieer is:
- Maak Tinder oop
- Tik op die profielikoon
- Tik op die instellings-ikoon
- Rol af en kies Herstel Aankope
Indien jou aankoop op Tinder.com gemaak is, of met PayPal, of met die kredietkaartopsie in Android:
- Maak Tinder.com in jou webblaaier oop
- Tik op die profielikoon
- Rol af tot by Bestuur Rekening
- Voer die Herstelbewys in wat ingesluit is in die bevestigende e-pos wat jy ná jou aankoop ontvang het (dit begin met "RT")