Fotoverbetering is ’n hulpmiddel wat help om die tegniese gehalte van jou foto’s te verbeter. Dis ontwerp om fotogehalte in die geheel te verbeter ‑ byvoorbeeld om jou profielfoto duideliker en beter belig te maak ‑ nie om jou anders te laat lyk nie. Fotoverbetering is vir Android- en iOS-gebruikers in geselekteerde markte beskikbaar.
Toegang tot Fotoverbetering
Fotoverbetering kan gevind word deur die aanwysings hier onder te volg:
- Maak Tinder oop.
- Maak die Profielskerm oop en tik Wysig Profiel (potloodikoon).
- Fotoverbetering verbeter ’n kwalifiserende profielfoto outomaties. Wanneer voorgestelde opknappings gedoen word, sal jy die “Verbeter”-knoppie op die verbeterde foto sien en daarop kan tik om die verbeterde weergawe te verwerp en terug te gaan na die oorspronklike, indien jy dit verkies.
Neem asseblief kennis: Jy sal nie Fotoverbeteringsvoorstelle in Wysig Profiel vind as daar geen tegniese probleme gevind word nie of as jy geen foto’s het waarin ’n gesig gewys word nie.
Gebruik van Fotoverbetering
Fotoverbetering kan help om vae beelde skerper te maak, helderheid en beligting aan te pas en duidelikheid te verbeter, terwyl dit jou foto eg en getrou aan jou hou. Wanneer Fotoverbetering jou foto verbeter, sal jy ’n kennnisgewings sien om jou verbeterde foto te besigtig ‑ jy kan jou oorspronklike en verbeterde foto met gebruik van die skuifbalkie vergelyk. Jy sal die opsie hê om die voorgestelde verbetering af te skakel, as jy verkies. Jy kan enige tyd na jou oorspronklike Foto teruggaan deur toegang te kry tot Foto Verbeter soos hierbo beskryf. As jy kies om die Foto Verbeter-voorstel te deaktiveer, sal jy die opsie kry om terugvoer oor hierdie Hulpmiddels te gee.
Hierdie hulpmiddel is ontwerp om beeldkwaliteit te verbeter sonder om te verander hoe jy lyk. Dit is nie daarop gemik om mense, voorwerpe of agtergronde by te voeg of te verwyder, kosmetiese effekte toe te pas, of gesigskenmerke of velkleurvoorkoms te verander nie. Onthou, hoewel hierdie hulpmiddel bedoel is om jou te help, is jy op die ou einde self verantwoordelik vir wat jy kies om op te laai, wat insluit dat die foto's wat jy besluit om op te laai aan ons Gebruiksbepalings en Gemeenskapsriglyne voldoen.
Privaatheid & veiligheid wanneer jy Fotoverbetering gebruik
Wanneer Fotoverbetering aktief is, word dit deur KI-hulpmiddels gedryf om probleme met fotogehalte op te spoor en gefokusde verbeterings aan fotokenmerke soos helderheid en kleurversadiging (onder andere) voor te stel om die fotogehalte te verbeter. Fotoverbetering sluit ook ’n outomatiese kontrole in om te bevestig dat die verbeterde foto steeds soos jy lyk, sodat egtheid behoue bly en die ware jy gewys word. As jy die verbeterde foto stoor, hou ons dit sowel as die oorspronklike foto sodat jy te eniger tyd na die oorspronklike kan teruggaan.