Wat is Paspoortmodus?
Met Paspoortmodus kan jy soektogte volgens stad doen of 'n merkspeld op die kaart aanbring om met andere in die stad van jou keuse kontak te maak. Navigeer tussen jou huidige ligging en nuwe bestemmings!
Paspoortmodus is vir Tinder-intekenaars beskikbaar as deel van Tinder Plus®, Tinder-Goud en Tinder-Platinum. Ons is ook besig om Paspoortmodus as 'n selfstandige aankoop te toets.
Hoe teken ek in?
- Maak Tinder oop
- Tik op die profielikoon
- Gaan na Instellings
- Kies Kry Tinder Plus®, Tinder-Goud™, of Tinder-Platinum™
- Volg die aanwysings op die skerm om dit aan te koop
Hoe verander ek my ligging met Paspoortmodus?
- Maak Tinder oop
- Tik op die profielikoon
- Maak Instellings oop
- Rol af en tik op Ligging
- Voeg 'n nuwe ligging by
Hoeveel stede kan ek met Paspoortmodus besoek?
Jy kan virtueel in een stad op 'n slag wees, maar jy kan jou ligging soveel keer verander as wat jy wil. Mense van wie jy gehou het terwyl jy die Paspoortmodus-kenmerk gebruik het, kan jou profiel sien vir tot 24 uur nadat jy jou ligging(s) verander het.